16 dae gelede
’n Mural vi’ die mooiste
VOL VREUGDE: Suid-Afrika het Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, met ope arms verwelkom.  ~ Gallo Images

DIE heelal se mooiste meisie was baie emosioneel toe sy toekyk hoe ’n mural van haar wat deur jong kunstenaars in die Oos-Kaap geskep is, onthul word.

Die mural ter ere van Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, pryk op die biblioteek in haar tuisdorp, Tsolo.

Onse Zozi lyk heel elegant op die mural in ’n tradisionele rok en juwele. Van haar ikoniese quotes soos “Taking up space in society” wat sy in Desember in Atlanta tydens die Mej. Heelal-kompetisie gesê het, is ook op die muur geverf.

Die internasionale queen is tans op haar homecoming-toer in Suid-Afrika waar sy haar fans van oral in die land ontmoet.

Sy het die naweek in Johannesburg geland en het toe gevlieg na haar tuisdorp in die Oos-Kaap. Haar familie en vriende het haar ingewag om haar ’n warm welcome te gee.

Die kunstenaar Lwando Hlazo en sy suster Azola Ntlantsana het die blink idee gekry om Zozi op ’n mural te verf in die area waar sy grootgeword het. Die kunstenaar Aphethuxolo Sibariboyi het die twee sibbe gehelp met die Zozi-projek.

Trane

Onse queen kon byna nie haar trane keer toe die mural voor haar onthul is nie.

“Die painting is pragtig en ek love die idee dat hulle my in ’n traditional garb – ’n helderkleurige Xhosa-hangertjie en ’n beaded kopdoek – geverf het.

“Almal wat hier woon, kan hulle daarmee vereenselwig en ek kan die beeld saam met my dra oral waar ek gaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters