4 dae gelede
’n Feesviering wat jou gaan vermaak en laat skaterlag
festive: Die grapjas Quinton Manuels gaan optree.FOTO VERSKAF  ~ 

QUINTON Manuels-produksies bied ’n feesviering aan en die vertoning vind Sondag in die Grand Arena by Grand West plaas.

Manuels sê: “Ons is baie opgewonde saam met die kunstenaars en saamgestelde koor en ons beker loop oor van vreugde.”

Die gehoor kan uitsien na ’n aand van vele plesier en die lagspiere gaan lekker gekielie word.

“Ons glo dis love at first sight, want dit is ’n eerste in sy soort.”

Jou deeg gaan beweeg en jou ding gaan pyn by dié feesviering.

Boeta Gammie en die rieldansers van Calvinia sal julle voete lekker laat juk! En die Ashwin Willemse Orient Marching Band sal sorg vir op- en-wakker musiek.

Die MC’s vir die aand is die grapjasse Wayne Mckay en Quinton Manuels met hulle grappe.

Dis ’n fees wat jy nie moet misloop nie.

Vir meer inligting, kontak Vernon Esau by 072 893 9374.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters