16 dae gelede
Mzansi girl pure magic by Oscars
Anele Mdoda hug James Corden, vir wie sy ge-interview het.  ~ Instagram

ONS home girl Anele Mdoda het Sondagaand op die rooi tapyt by die 92ste Oscars ’n uitstekende job gedoen.

Die DStv-kanaal M-Net het die TV-aanbieder en radio-persoonlikheid na Amerika gestuur om celebs op die groot toekenningsaand te interview.

Dit is die tweede keer dat Anele op die rooi tapyt by die Oscars duty doen. En het onse home girl vir jou gewérk!

Sy het saam met groot sterre in die bedryf gepraat, soos ons eie goue meisie, Charlize Theron, die komediant James Corden, die sangeres Janelle Monáe en die legende Al Pacino.

Ek kan ongelukkig nie vir julle al die foto’s hier wys nie, maar as jy kan, gaan loer na haar Instagram-blad om nog van die kiekies te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters