6 dae gelede
Musikante sê lockdown is eintlik ’n seëning
DENKER: Germaine Leonard sê muso’s moet aanpas.  ~ Foto Verskaf

“ONS moet dié tyd gebruik om voor te berei.”

Só sê die talentvolle musikant Chadleigh Gowar oor die nuus dat ons vir 21 dae in lockdown gaan wees.

Die bass-speler sê dis nie ’n maklike tyd nie, want al die bookings is gekanselleer en al gaan die tyd verby, sal dit lank vat vir dinge om weer aan die gang te kom.

Chadleigh sê: “Dit affekteer my baie as musikant.

“Al die venues waar ek gewoonlik speel, is toe. Alle shows waarvoor ek gehuur is, is óf uitgestel óf gekanselleer.

“En selfs wanneer Covid-19 oor en verby is, gaan dit ’n ruk vat vir als om terug te keer na normaal.

Lig

“Ons as musikante maak staat op mense wat betaal om na ons shows te kom en selfs venues betaal ons.”

Chadleigh sê daar is darem ’n lig aan die einde van die donker corona-virus-tonnel.

Hy sê: “Ek dink nóú is die perfekte tyd vir musikante om te prepare. Ek glo voor­bereiding is die sleutel tot sukses.

“Leer meer songs; leer verskillende genres; werk aan tegnieke en doen navorsing oor hoe om jouself te verbeter.”

Die musikant en onderwyser Germaine Leonard van George meen ook musikante moet hulleself nou reinvent soos nooit tevore nie.

Germaine sê: “Daar is nog hoop, want ons vertrou in die Here en ons geloof word versterk in dié tyd.

“Ons moenie moed verloor nie. Dít sal ook oorwaai, maar ek wil musikante aanmoedig om daaraan te dink om hulself te bemagtig met meer as net musiek.”

Germaine werk tans aan ’n nuwe album en beplan om dit in Oktober uit te reik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters