9 dae gelede
Movie-nuus gee Trev se boek tweede asem
Wow! Trevor Noah se boek is weer ’n topverkoper.Foto: Getty Images  ~ 

EN IN nog goeie nuus: Ons goue seun se biografie is terug boaan New York Times se lys topver­kopers.

En dít ’n hele twee jaar nadat Trevor Noah se boek, Born a Crime, uitgereik is.

Die Suid-Afrikaanse komediant het die nuus op Instagram aangekondig: “Sjoe! Born a Crime is twee jaar gelede uitgegee en dis nou weer op NYT se topverkoperlys – op nommer een. Dis wonderlik!”

Maar hoekom die skielike belangstelling? Trevor het laat val daar is ’n fliekverwerking van die boek in die pyplyn.

Die Black Panther-aktrise Lupita Nyong’o gaan glo Trev se mamma, Patricia, speel.

Die biografie was in 2016 ook op NYT se topverkoperlys. Dit handel oor die kinderjare van die Daily Show se aanbieder gedurende die laaste jare van apartheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters