3 maande gelede
Mol vir jou tikkets na groot fees
GAS: Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Griekwastad op die Silwerskermfees.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

MAAK reg, dis amper weer tyd vir die jaarlikse Silwerskermfees.

Maak seker jy kry jou kaartjies vroegtydig. Die fees word van 21 tot 24 Augustus ouder gewoonte by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou.

Theatre On The Bay in Kampsbaai gaan ook een van die venues wees waar die films gespeel gaan word.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

’n Spesiale vertoning van Fiela se Kind sal op Donderdag 22 Augustus by die Labia Teater in Gardens aangebied word.

Première

Kaartjies kan by die Labia Teater gekoop word.

Ses films het hulle première op vanjaar se fees.

Fiela se Kind, Flatland, Griekwastad, Die Verhaal van Racheltjie de Beer, Poppie Nongena en Toorbos.

Altesaam 14 kortfilms van 22 minute elk gaan speel.

Hierdie jaar is daar ook ’n digitale kategorie wat deel gevorm het van die inskrywingsproses.

Op Woensdag 21 Augustus sal vier web-episodes op kykNET­ se webwerf gelaai word.

Gaste

Die episode met die meeste kykers sal op die Silwerskerm-toekennings as die wenner in hierdie kategorie aangewys word.

Hierdie web-episodes is Afrikaans 101, Deur die Blare, Groener en Sans Masker.

Peter Cowley, Dorothee Wenner en Arnold Vosloo is vanjaar se drie internasionale gaste.

Vosloo is die hoofakteur in die film Griekwastad.

Dit is Vosloo se eerste Afrikaanse film in meer as 30 jaar, het News24 vroeër dié jaar berig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters