2 maande gelede
Moedersdag is baie spesiaal
sexy: Gabrielle Union is baie opgewonde om ’n ma te wees.Foto: wireimage  ~ 

DIE sexy Gabrielle Union het Sondag haar eerste Moedersdag met haar eie dogter gevier.

Gabrielle en Dwyane Wade het klein Kaavia James Union-Wade op 7 November verwelkom.

Maar vir die ster van Being Mary Jane was dit ’n lang en harde pad na ouerskap.

Ná verskeie miskrame en baie hartseer het sy ’n surrogaat-ma gekry om klein Kaavia in die lewe te bring.

Gabby onthou: “Ons kon die aand nie slaap nie en was skoon deurmekaar dat die wonderbaba die volgende dag gaan opdaag.”

Sy het ook weer vertel toe Wade, ’n voormalige basketbalspeler van Miami Heat, die eerste keer die nuwe bondeltjie in die delivery room gesien het.

Sy het destyds ’n foto geplaas in die hospitaalkamer waar die dokter klein Kaavia soos ’n wafferse Lion King omhoog hou.

Wade het ook ’n foto met sy foon geneem. ’n Dankbare Gabrielle het ander voornemende mammies Sondag­ in die sosiale media bemoedig dat “wonderwerke tog gebeur”. – eonline.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters