14 dae gelede
Modetydskrif mal oor Rich se skeppings
’n groot eer: Rich Mnisi is gefeature in die Britse Vogue.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE plaaslike ontwerper Rich Mnisi laat die Suid-Afrikaanse vlag hoog wapper!

Dié talentvolle mode-inspirasie pryk in die Britse Vogue.

Hy word beskou as een van sewe inspirerende mode-brands in Afrika waarvoor mense moet uitkyk.

Die tydskrif beskryf Rich se unieke ontwerpe as ’n samesmelting van patterns, prints en verskillende teksture wat stories van die Afrika-herkoms verken en vier.

Prysklas

Ek weet nie of julle die ontwerper se nuutste Azania Lounge­wear-reeks gesien het nie. Ek het dit op Instagram onder oë gehad. Ek’s mal daaroor. Die reeks sluit luxurious polo necks en serpe in.

Toe ek dit sien, was ek onmiddellik verlief daarop en het gewens dat die pragtige kledingstukke binne my prysklas was ...

Die ander SA handelsmerk wat ook die lys gehaal het, is die gewilde plaaslike brand Maxhosa deur Laduma.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters