5 maande gelede
Model Sofia
Supersexy: Sofia Richie het ’n lyf wat skrik vir niks.Foto’s: mega  ~ 

LIONEL se dogter, Sofia Rich­ie, lyk baie sexy in die jongste shoot vir Frankies Bikinis.

Die 20-jarige model wys kleur­ryke bikini’s wat ontwerp is deur haar goeie vriendin Francesca Aiello.

Die Malibu-gebaseerde swemdrag is trendy en moet ’n vrou fiks laat lyk.

Sofia is natuurlik in great shape.

Dit het onlangs uitgekom sy en die Kardashian-Jenners is ook pelle. Sy date mos Kourtney Karda­shian se eks, Scott Disick.

Gepaartie

Sofia verskyn ook verskeie kere op Kylie Jenner se Instagram Story.

Sy het ook onlangs lekker saam met die susters gepaartie op Khloé Kardashian se 35ste verjaardag.

Die verrassende vriendskap met die realiteitsterre het gekom maande nadat sy saam met Kourtney (40) en Scott (36) by ’n oord in Mexiko gesien is.

Hy is 16 jaar ouer as sy, maar dit lyk nie of dit dié twee lovebirds pla nie. Radaronline

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters