2 maande gelede
Mo bly vir buddy ná ‘beste battle’
uit: Dis hopelik nie die laaste sien van Mo George nie.FOTO VERSKAF  ~ 

VIR Mo George was die ongelooflike onder­vinding in The Voice SA ’n droom wat waar geword het.

Die 21-jarige sangsensasie is van die Bo-Kaap. Hy het nog nie vergeet hoe dit aan die begin was nie: “Toe ek vir die oudisie gaan, was ek nogal op my senuwees. Maar sodra ’n mens begin sing, raak jy opgewonde!”

Mo was aanvanklik in Lira se span, maar Francois van Coke het hom later opgeraap. Eindelik moes hy meeding met sy beste vriend, Anslin Gysman, en dié het hom uitgestof.

Wêreldgehalte

Mo dink sy en Anslin se voice battle was die beste een nog. “Voordat ek die verhoog verlaat het, het die beoordelaars my gevra hoe ek daaroor voel dat Anslin deurgedring het na die volgende ronde. Ek is baie bly vir hom.”

Daar is ’n paar dinge van sy ervaring wat hom sal bybly.

“Die professionele manier waarop die produksie, repetisies en onderhoude gehanteer is, was baie opwindend. En om saam met Van Coke te werk, was wêreldgehalte. By hom het ek só baie geleer oor hoe die bedryf werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters