8 dae gelede
Miss SA weer op die planke
beïndruk: Tamaryn Green het Suid-Afrika se vlag hoog laat waai in die kompetisie.  ~ 

AS JY daarvan droom om die volgende Mej. Suid-Afrika te wees, sal jy jou storie agtermekaar moet kry en inskryf.

Nadat dié gewilde skoonheidskompetisie heelwat opdraende beleef het, is alles nou weer klopdisselboom. Die kompetisie se hoofborg het mos ná vyf jaar se steun onttrek en die hele pageant was vertraag.

Ek sien op The Juice dat die nuwe Mej. Suid-Afrika op Vrouedag, 9 Augustus, gekroon sal word. Die huidige Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, gaan haar kroon afgee by die spoggerige Sun International se Sun Arena by Times Square in Pretoria.

Vir dié wat die kompetisie op die kassie volg, sal dit op M-Net en Mzansi Magic vind.

Maar jy wil seker weet waarmee die wenner gaan wegloop? Wel, vanjaar se Mej. Suid-Afrika gaan pryse en geld ter waarde van R3 miljoen wen. Dit sluit R1 miljoen kontant en ’n splinternuwe motor in.

Die naaswenner gaan ook nie baie kort kom nie.

Sy stap weg met R250 000 kontant. Elk van die 16 finaliste kry R25 000.

Die 16 finaliste gaan op 11 Julie aangekondig word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters