4 dae gelede
Miley soek good vibes
siekies: Miley Cyrus was die week in die hospitaal. Foto: eonline.com  ~ 

MILEY CYRUS het die week ’n draai in die hospitaal gemaak.

Die 26-jarige sangeres het Dinsdagmiddag ’n paar stories op haar Instagram gelaai waarin sy laat hoor dat sy sukkel met tonsillitis.

Sy het ook ’n selfie in haar hospitaaljurk ge-post waarin sy haar fans vra om hope goeie vibes na haar kant te stuur.

Haar mammie, Tish Cyrus, het ook by haar dogter ingeloer en die sieke se blonde lokke gekam.

In ’n storie saam met ’n foto van haar mammie skryf sy: “Hoe jy jouself present, kan bepaal hoe jy voel. Dankie, Mammie, dat jy hierdie sieke ’n bietjie beter laat lyk het deur my hare te kam. Mammie is die beste.”

Skop

Die “Wrecking Ball”-sangeres het haar hoop uitgespreek om gou gesond te raak, want sy moet ’n “bad ass” wees en gorillas gaan red.

Sy moet die naweek saam met The Ellen Show, Portia de Rossi en Bruno Mars ’n charity event bywoon vir Gorillapalooza, wat geld insamel om bedreigde spesies te red.

“Ek hoop die rock-gode stuur my ’n bad ass boost en help my om die str*nt teen die curb te skop waar dit hoort. Ons het gorillas om te save.”

Miley sal oor ’n paar dae weer dooddollies wees en dalk al by haar vierde fling trek ná haar skeiding van die sexy Liam Hemsworth.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters