18 dae gelede
Miley is vies oor vatterige fan
Die sangeres en aktrise Miley Cyrus. Foto: Getty  ~ Foto: Getty

MILEY Cyrus is nie hier vir fans wat té cosy met haar wil raak nie.

’n Fan het die sangeres ontstel toe sy en haar hubby, Liam Hemsworth, hulle hotel in Barcelona, Spanje, verlaat het.

’n Video waar ’n fan die ster aan die hare gryp, om die nek val en soen terwyl sy deur die skare loop, het dié week die ronde gedoen.

Miley stap agter manlief toe die snaar haar gryp en probeer soen.

Moerig

Die “Hands of Love”-sangeres se wagte eet almal vaak pies en het eers agterna besef wat aan die gebeur is.

Hulle het toe haastig die voorbarige fan uit die ster se pad gekry.

Miley het dit duidelik gemaak dat sy baie moerig is oor die voorval.

Die 26-jarige sangeres het dié week op Twitter die video clip van die voorval gedeel – saam met ’n paar harde woorde aan voornemende kansvatters.

Miley skryf: “Sy kan dra wat sy wil. Sy kan ’n maagd wees of met vyf verskillende mense slaap. Sy kan saam met haar man wees. Sy kan saam met haar girlfriend wees. Sy kan kaal wees.

“Sy kan nié teen haar wil gegryp word nie. #DontF*ck­WithMyFreedom.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters