5 dae gelede
Miley en Liam uitmekaar
Miley CyrusFoto: Elle.com  ~ 

JA-NEE, ek het dit oor ’n myl sien aankom, want dit in­volve Miley Cyrus ...

Sy het mos in die sosiale media oopgemaak oor haar split met die akteur Liam Hemsworth.

Sy het dié naweek erken hulle is uitmekaar.

Hulle was skaars ag maande getroud.

Volgens TMZ het die (sl)egpaartjie besluit hulle gaan eerder op hulleself fokus (wie dan anders?) en aan hulle loopbaan werk.

In ’n Instagram post babbel Miley oor die natuur en evolution en ’n berg (waarop sy staan) wat eers onder water was en met Afrika verbind was. Sy warra-warra verder die natuur is nooit haastig nie, dis altyd presies op tyd, en ek weet nie wat nog alles nie.

Anyway, Miley en Liam was vir byna ’n dekade aan en af nadat hulle doer ver in 2010 op die stel van The Last Song ontmoet het.

Nadat hulle in 2013 amptelik uitmekaar is, het hulle weer in 2015 geconnect.

En toe haak hulle in Desember 2018 in Tennessee af. Heehaw!

Net so tussen my en jou, as my girl sulke space cadet-goed oor berge en die natuur babbel, sal ek self hardloop vir die berge.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters