3 maande gelede
Miley Cyrus raak ‘spiritual’
pragtig: Kaitlynn Carter by Stonehenge afgeneemFoto’s: instagram  ~ 

MILEY Cyrus sê sy het ’n “geestelike ervaring” gehad toe sy Stonehenge in Salis­bury, in die Engelse graafskap Wiltshire, besoek het.

Dit het nou aan die lig gekom dat sy geselskap gehad het in die vorm van ’n nuwe liefde – die 30-jarige Kaitlynn Carter.

Dié tweetjies is laas week opgemerk waar hulle by Lake Como in die noorde van Italië vry.

Miley (26) en die akteur Liam Hemsworth (29) is dié week uitmekaar ná net sewe maande as getroudes.

Dis duidelik Miley en Kaitlynn is al geruime tyd goeie vriende.

Die twee date nou met “no labels attached”.

Hulle het foto’s by Stone­henge geneem en op Instagram gedeel – maar geen pics waarop hulle saam verskyn nie. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters