2 maande gelede
Mihlali knyp oor knippie
GESTRES: Milhlali Ndamase sê sy gaan nie 21 dae sonder seks oorleef nie.  ~ Gallo Images

DIT gaan ’n stresvolle 21 dae wees ...

Baie van ons maak asof ons wêreld gaan ophou draai net oor ons nie meer ons gunsteling-goeters kan doen nie.

Vat nou maar die influencer Mihlali Ndamase.

Haar hart is in stukke oor sy vir die volgende 21 dae sonder seks moet klaarkom. Kyk, die bekroonde content creator is nie skaam oor haar sekslewe nie en sy praat gereeld daaroor op You­Tube.

En toe ons prez aankondig dat hy die hele Mzansi vir 21 dae op lockdown gaan sit, is dit die eerste ding waaraan die influencer gedink het.

Passie

En die mense op Twitter deel Mihlali se pyn.

Sy het getwiet dat sy van haar kop af sal raak as sy vir 21 dae nie ’n nag van passie gaan hê nie.

’n Hele paar gebruikers het gesê hulle is net so gestres oor ’n geen-seks-situasie soos Mihlali.

Een joke: “My linkeroog gaan doof word, ná my 16de dag sonder seks.”

’n Ander een laat hoor: “Jô, ek is net so gestres.”

Nog een twiet: “Ek kry al klaar ’n hartaanval net om daaraan te dink.”

Mntase, 21 dae is nie so lank nie ...

Ons gaan daardeur kom – met of sonder seks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters