2 maande gelede
Mense sien rooi oor joke
Oeps! Trevor Noah het sommer baie EFF supporters die moer in gemaak met sy storie oor Julius Malema.Foto: Twitter  ~ 

TREVOR Noah, ons eie suksesvolle global comedian en aanbieder van The Daily Show, is weer in die nuus.

Dié keer het sy jokes hom in sekere kringe baie ongewild gemaak.

Channel24 berig mense op Twitter het omtrent die piep gekry oor Trevor se stukke.

Hy het mos die afgelope naweek die EFF se commander-in-chief, Julius Malema, met The Orange Menace vergelyk.

“Suid-Afrika het ook ’n gewilde anti-establishment politician in hierdie verkiesing.

“Sy naam is Julius Malema – en as jy dink Trump is erg, wag tot jy sien hoe Julius die media behandel.”

En toe kry die social media omtrent ’n meltdown.

Die video wat op The Daily Show se Twitter account gelaai is, is later afgehaal, maar teen daai tyd is dit natuurlik klaar wyd gedeel.

Die EFF se deputy prez, Floyd Shivambo, het gal gebraak deur te sê die Yanks is histories bekend daarvoor dat hulle puppets van swart mense maak.

Hy meen Trevor het so reg ingeval by dié dinge.

“Hy is ’n clown, en verdien nie respek nie,” sak Shivambu af. “Massamoord in Suid-Afrika. Hy moet seker van Trevor Miss­ing praat, die puppet van die establishment!”

Onse Julius het nie gereageer nie, maar EFF supporters het ook bek uitgespoel in ’n reeks tweets.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters