6 dae gelede
Melodieë belig Heinrich se reis
Maak warm: Heinrich Antonie gaan in die konsert A Journey of Note Live optree. foto verskaf  ~ 

AS JY nog nie planne vir vanaand het nie, kan jy ’n draai gaan gooi by die konsert A Journey of Note Live by die Nassau-teater in Nuweland.

Die sanger Heinrich Antonie van Kraaifontein is baie opgewonde oor sy eerste konsert.

“Ek het altyd vir ander sangers backing gesing, maar nou is dit my beurt. Ek is maar op my senuwees, maar my geloof is sterk.”

Dit beloof om ’n aand van inspirasie te wees waarop die kunstenaar sy storie deur musiek vertel.

Sy eerste single, “Look at Me”, vertel van die baie uitdagings wat Heinrich moes oorbrug.

Antonie het wonderbaarlik van van ’n beroerte herstel – iets waarvoor hy God al die eer gee.

Rooi

Die gaskunstenaars wat gaan optree, is Charisma Hanekam, Keanu Harker, August West en Bradwyn Adams.

Van 19:00 tot 19:45 is daar ’n rooi tapyt. Die konsert begin 20:00.

Kaartjies kos R200.

Vir meer inligting, kontak Heinrich Antonie by 084 679 6067.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters