2 maande gelede
Mej. SA vat ’n hap van die Big Apple
mooiste girl: Zozibini Tunzi is byna ’n maand ge­lede as Mej. SA gekroon. Foto: getty images  ~ 

ONSE mooiste girl is in Amerika.

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is daar in Yank-land vir die gewilde New York-modeweek wat dié week afgeskop het.

Zozi het ’n foto van haarself op die beroemde Times Square gepost.

Eerste

En hoewel sy die tyd van haar lewe behoort te hê, is sy in twee geskeur.

By die foto skryf die beeldskone Mej. SA: “Dis my eerste keer buite Suid-Afrika.

“Ek behoort oorstelp te wees, maar ek is ridiculously torn. My hart is by die huis saam met al die vroue in dié moeilike tyd.”

Sy skryf ook: “Op 9 Augustus (toe sy gekroon is) het ek voor die hele land gestaan en uit die hart gepraat oor die plaag (van geweld) waaronder Suid-Afrikaanse vroue ly, en vandag is dit ’n groter waarheid as ooit. Iets moet verander.”

Ons het goed gedoen vandag, Zozi: Vroue én manne het in Kaapstad saamgestaan vir slagoffers van geweld teen vroue in Suid-Afrika.

Iets hét vandag verander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters