17 dae gelede
Mej. SA se Top-15 vanaand bekend
Sasha-Lee Olivier
Mej. SA, Sasha-Lee Olivier kondig vanaand die Top 15 finaliste aan.  ~ Foto Verskaf

DIE Top-15 finaliste vir vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie word vanaand op Instagram bekendgemaak.

Sasha-Lee Olivier, die huidige Mej. Suid-Afrika, gaan die aankondiging doen.

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Suid-Afrika-organisasie, het ook bekendgemaak dat die publiek nou sal kan stem vir hul gunsteling semi-finaliste en bepaal wie na die volgende ronde deurdring.

Weil, wat verheug is dat die top-15 op 'n virtuele platform aangekondig word, sê die eindronde van die kompetisie vind aan die einde van die jaar plaas.

Stemming vir Mej. Suid-Afrika begin 25 Junie om 09:00 en sluit op 16 Julie om 23:00. 

Die Top 10 word einde Julie aangekondig.

Diegene wat wil stem kan op die skakel click. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters