16 dae gelede
Meghan wil help veg teen rassisme
Meghan Markle en haar man, Prins Harry.  ~ Getty Images

MEGHAN Markle glo haar besluit om Brittanje saam met haar familie te verlaat, was 'n bestiering. 

Volgens vriende voel Meghan sy is bestem om op die voorgrond te veg in die stryd teen rassisme in Amerika.

'n Hegte vriend het glo aan die Daily Mail gesê die hertogin van Sussex het reeds met Oprah Winfrey gesels oor hoe sy deel van die oplossing kan wees.

“Meghan voel asof haar missie veel verder gaan as net acting. Sy het gesê dat sy haar stem wil gebruik vir verandering en het nie ’n loopbaan in die politiek uitgesluit nie,” aldus 'n vriend.

Meghan het onlangs gesê sy was eers senuweeagtig om uit te praat, maar dat die enigste verkeerde ding sal wees om niks te sê nie.

Meghan en haar man, Prins Harry, het aan die einde van Maart afstand gedoen van hul pligte as senior lede van die royal familie.

Hulle het daarna vir 'n ruk lank in Kanada gewoon voordat hulle in California nesgeskop het. - Metro

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters