2 maande gelede
Meghan se derra wil skryf oor haar kinderdae
swanger: Meghan se familie is vasbeslote om haar storie aan die wêreld bekend te maak.Foto: getty images  ~ 

MEGHAN (37) se familie gaan nie eens toelaat dat sy haar eerste swangerskap in vrede geniet nie.

Die hertogin van Sussex se derra, Thomas Markle (74), lus nou om ’n tell all-boek oor haar kinderjare te skryf.

Ek sien op E! hy het die nuus in sy nuutste onderhoud met The Sun gedeel.

Oom Thom sê hy wil die goeie tye wat hy saam met sy dogter gehad het, met die wêreld deel.

“Ek mis Meghan baie. Sy was ’n groot deel van my lewe totdat sy vir Harry ontmoet het.”

Hy het ook vertel hoe gebroke hy voel nadat Meghan en Harry hom die koue skouer gegee het.

“Hierdie hele ding was veronderstel om een van die trotsste oomblikke in my lewe te wees.

“Nou is dit ’n droom wat in ’n nagmerrie ontaard het en Meghan kan alles beëindig deur net een oproep na my te maak.

“Tot en met hierdie dag kan ek aan niks dink wat ek gedoen het om dié tipe behandeling van haar te verdien nie.”

Wel, oom Thom, ek kan aan ’n paar situasies dink waar jy verdien om so behandel te word.

Die een keer het jy mos gesê Meghan hou haar wat sy nie is nie, en jy het ook nie na die royal wedding gegaan nie. Jy moes toe kamma ’n noodoperasie ondergaan. En jy’t nog nie een keer jou ander dogter, Samantha Markle, stilgemaak as sy haar halfsuster beswadder nie.

So van Suur Samantha gepraat, dié se boek oor Meghan, In the Shadows of the Duchess, verskyn glo in April of Mei.

Dit is min of meer die tyd wanneer Meghan se koninklike bloedjie verwag word.

Hoe is daai vir familie?!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters