3 dae gelede
Meghan is nie skaam vir haar kurwes
klein boepie: Meghan wys trots haar eersteling en haar post baby-boep saam met haar man, prins Harry.Foto: getty imagES  ~ 

MAMMIE Meghan is ’n regte egte vrou!

Die vrou van prins Harry het weer vroue en mammas regoor die wêreld se harte gesteel toe sy trots met haar voller lyf en effense boepie haar eersteling Archie Harrison aan die wêreld bekend stel.

Ons is mos gewoond aan celebs soos Beyoncé en Kim Kardashian West wat hulle oor ’n mik werk of sny om daai sexy snapback-lyfie te kry.

Maar die hertogin van Sussex is glad nie skaam vir haar breër heupe, geswolle maag en ronder gesig nie. Sy het geen step-in aangehad om haar maerder te laat vertoon nie. Sy is trots op haar mamma-kurwes.

Twitter-gebruikers kon nie uitgepraat raak oor veral Meghan se mamma-figuur wat perfek beklemtoon is deur ’n cream trench-rok en belt nie.

Een skryf op Twitter: “Ek weet niks van swangerskap af nie, maar ek hou van die feit dat Meghan haar post baby bump afshow deur ’n belt-rok aan te trek.”

Nog een het laat hoor: “As ek nog iemand sien vra waarom Meghan nog swanger lyk, gaan ek skree. Dink mense regtig jou boepie verdwyn sodra jy die lewe geskenk het?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters