5 maande gelede
Meghan en Harry kry groenlig by Queen
queen elizabeth,prins harry,meghan markle
Queen Elizabeth se private woning Sandringham Estate, waar die gesprekke plaasgevind het.  ~ 

DIT gebeur nie al dag dat 'n Queen 'n pers verklaring, nogal oor die toekoms van ander royals, uitstuur nie.

Koningin Elizabeth II het Maandagmiddag wel 'n persoonlike verklaring oor die toekoms van Prins Harry en vroulief, Meghan, uitgestuur.

In dit noem sy van die lang krisisgesprekke by haar private Sandringham-landgoed.

Sy sê: "Die koninklik familie het baie 'konstruktiewe gesprekke' oor die toekoms van die hertog en hertogin van Sussex gevoer. 

"Daar is ooreenkom 'dat daar 'n oorgangstydperk sal wees, waar die Sussexes tyd in Kanada en Brittanje sal spandeer." 

Sy voeg by: "Die koninklike familie 'verstaan en respekteer' hul desire vir 'n 'nuwe lewe'." 

Die koningin noem ook sy sou wou hê die twee moes aanbly as voltydse lede van die koninklike gesin, maar verstaan en respekteer hul wense om 'n meer onafhanklike lewe as gesin, wie deel is van die koninging se familie, te wees.

Die verklaring volg na gesprekke tussen Harry met die koningin, sy broer, Prins William, en pa, Prins Charles, oor die toekomsplanne van sy vrou Meghan en seun, Prins Archie.

Harry en Meghan het verlede week die bom laat val dat hulle meer tyd in Noord-Amerika met hul seuntjie wil deurbring en finansieël onafhanklik wil word en nie meer 'senior' lede van die monargie wees nie. 

Kort hierna het Meghan teruggevlieg na Kanada om met hul seun, Prins Archie, te wees.

Intussen vind gesprekke plaas oor wat gaan hul titels wees, hou hulle die lyfwagte, hoeveel tyd sal bestee word aan royal duties, wat van hul Statebond-verantwoordelikhede en wat van Meghan se Britse-burgerskap? 

queen elizabeth,prins harry,meghan markle
Die verklaring deur Queen Elizabeth II.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters