6 dae gelede
Maps doen die ‘regte ding’
MAAK OOK TOE: Maps Maponyane se eetplek word swaar getref deur die pandemie.  ~ Gallo Images

MAPS Maponyane het sy burger joint vir ’n onbepaalde tyd toegemaak.

Die local ster het op Twitter verduidelik watter tipe uitdagings sy eetplek, Buns Out, tydens die wêreldwye pandemie ervaar.

“Nadat ek probeer het om produksie en aflewerings uit te strek om steeds ons werknemers en klante gelukkig te hou, het ons besluit om Buns Out vir ’n onbepaalde tyd toe te maak,” verduidelik Maps.

Hy het bygevoeg dat hy nou nie so seker is oor die toekoms van sy gewilde burger joint nie.

Bedagsaam

“Ons weet nie hoe lank dit gaan wees en of ons hierdie periode gaan oorleef nie, maar dit is die regte ding om te doen,” voeg hy by.

“Dit is rof vir ’n kleinsakeonderneming, maar ten einde laaste moet ons probeer om almal te beskerm. Om steeds oop te bly, gaan nie die saak help nie.

“Was julle hande gereeld. Bly veilig en bly by die huis. Wees bedagsaam teenoor mekaar en kyk na mekaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters