2 maande gelede
Maak plan met jou hare
netjies: Jy kan jou hare vleg om te verseker dat dit nie uitdroog en bros raak nie.foto’s verskaf  ~ 

DIE herfs is op ons en dit beteken die lug is baie droër en dit is beslis nie goeie nuus as jy jou natuurlike hare dra nie.

Ons het saam met die skoonheids- en natural hair blogger Shannen Buys van Beauty by Shan gaan praat oor hoe jy jou hare hierdie herfs kan style en versorg.

“Soos die seisoene verander, so moet jou haar-roetine verander. Die produkte wat wonderlik vir my in die somer gewerk het, werk nou nie meer so goed vir my hare nie oor die density van my hare verander het weens die klimaat. Maar die een produk wat altyd goed vir jou hare is, is die holy grail – coconut oil!

“So, in die herfs is my hare droër en dit val vinnig plat oor die misty lug.

“Dit is belangrik om jou hare dan moist te hou deur minstens twee keer per week te deep condition. Dit gee jou hare die nodige proteïene wat dit beskerm teen daai droogheid en brittleness.”

Shannen wys hier ook ’n hele paar protective styles­ wat jy kan volg as jy net nie jou hare aan die koeler herfslug wil blootstel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters