20 dae gelede
#KYK: Maak my Famous in die pylvak
Maak my Famous
Die Top 8 van Maak my Famous saam met aanbieders Emo Adams en Tarryn Lamb  ~ light lounge

JESMONÉ Damonse en Jolene Slingers blyk die vroeë gunstelinge te wees om die talentkompetisie, Maak my Famous, se eerste wenner te word. 

Damonse van Cloetesville in Stellenbosch en Slingers van Port Elizabeth het Donderdag met gemak deurgedring tot die Top 8.

Emo Adams, aanbieder van die kompetisie, se kommentaar oor Damonse dat dit reeds klink of hy op 'n CD is getuig van hoe goed hy sover in die kompetisie gevaar het.

Damonse het vir sy sy weergawe van Something Inside So Strong 'n standing ovation van die gehoor gekry.

Hy blyk egter sterk kompetisie te kry van die 27-jarige Slingers. Kykers was veral impressed met hoe sy die hoë note van die liedjie Paradise Road met gemak getref het.

Daar was veral op sosiale media deur kykers kommentaar gelewer oor hoe Slingers se perfomance hulle hoendervleis gegee het.

Met die kompetisie wat vinnig einde se kant toe beweeg, moes daar ook van twee gunstelinge afskeid geneem word.

Die rymkletsers MC Noedy van Ocean View en Shadow van Ceres se paaie het tot 'n einde geloop.

Die twee rappers het deur die loop van die kompetisie impress deur die gehoor en kykers te entertain, maar tog ernstige boodskappe oor te dra.

Volgende week se tema is Afrikaanse classics. Jack Parow gaan ook optree.

Die top 8 bestaan uit Jesmoné, Jolene, SA Ensemble, Rezah Forbes, The Unknown, Megan Danner, Bernice West en Cheswyn Ruiters.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters