9 dae gelede
Maak My Famous gebeur nou later
VAT 'N BREAK: Tarryn Lamb, Emo Adams en Rushney Ferguson gaan jou eers later weer famous maak.  ~ Foto Verskaf

EMO Adams kan jou eers later famous maak.

Die TV-aanbieder het aangekondig die produksiespan van sy talentsoekprogram Maak My Famous gaan op ’n kort produksie break te midde van die corona-virus-pandemie.

Emo skryf in die sosiale media: “Ons gee om oor die welstand van ons gehoor, talent en produksiespan.

“Ons bedank julle dat julle verstaan en dat julle ons ondersteun. Maak asseblief seker­ dat jy en jou familie veilig is.”

Daar is ook aangekondig dat mense wat kaartjies gekoop het om in die gehoor te wees, hulle kaartjies op ’n latere stadium mag gebruik.

Die nuwe datums vir opnames sal eers later aangekondig word.

Maar dis darem nie alles doom and gloom nie, julle­.

Julle kan steeds op Woensdag 29 April van 20:00 op kykNET en van 21:00 op kykNET­ & kie na die splinternuwe seisoen van Maak My Famous kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters