15 dae gelede
Maak My Famous 2: Inskrywings nou oop!
Maak My Famous
 ~ 

DIE eerste seisoen van Maak My Famous (MMF) is nog op almal se lippe.

Dit gaan egter nog 'n rukkie daar bly want Emo Adams het aangekondig dat inskrywings vir die tweede seisoen reeds oop is.

Adams, 'n skepper en aanbieder van MMF, soek nou meer rou talent vir die tweede seisoen.

Inskrywings vir die tweede seisoen is reeds oop vanaf 1 Oktober en sluit 31 Oktober. 

Mense met alle soorte talente word uitgenooi om in te skryf.

As jy dink jou talent kan jou famous maak – gaan na www.kyknet.tv/mmf en vul jou besonderhede in.

Maak seker jy laai ‘n foto van jouself, asook ‘n video van jou oudisie wat jou talent die beste showcase.

Inskrywers kan self ‘n YouTube- of Vimeo-link gebruik om hul oudisie te koppel aan die inskrywing.

Maak seker jy kry jou unieke kode wat bevestig dat jou inskrywing suksesvol gelaai is en wag dan gerus vir terugvoering.

Deelnemers van die eerste seisoen se loopbane vat nou vlam. Hul optrede by die onlangse Maak My Famous-konsert getuig van hoe die show hul lewens verander het.

Die wenner van die eerste seisoen, Cheswyn Ruiters, beskryf sy wen as 'n dankbare ervaring en meen sy lewe is onherroeplik verander.

Skryf nou in, want Emo is gereed om nog iemand famous te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters