2 maande gelede
Ma verdien ’n Merc
Wys liefde: Boity Thulo het haar ma verras met ’n splinternuwe Mercedes.Foto:Getty Images  ~ 

BOITY Thulo se mammie, Modiehi, kan nou spog met ’n larney ryding.

Die Suid-Afrikaanse TV-persoonlikheid is gewoond daaraan om haar tanie te spoil met duur goeters soos Louis Vuitton- en Gucci-handsakke, maar dié bloedrooi Mercedes-Benz vir haar mammie se 49ste verjaardag vat die koek.

Modiehi kon nie haar trane keer toe sy die pragtige blink convertible op haar grasperk sien staan nie.

Ek lees op Channel24 Boity het vertel haar mammie is baie nederig.

Spesiaal

Sy sê: “My ma is nie vol fiemies nie: Sy sou ’n bos blomme waardeer het, maar om haar te vier terwyl ek nog kan, beteken die wêreld vir my.

Dis waarom ek by elke geleentheid en elke oomblik probeer om haar spesiaal te laat voel.

“Ek wil haar altyd herinner aan hoe ongelooflik sy is. So, wanneer sy eendag nie meer daar is nie, het ek geen berou nie en sy het haar lewe geniet.”

Die local ster sê sy het die fabrikaat en kleur gekies: “My ma wou nog altyd ’n convertible hê. So, dié een is baie na aan haar droomkar, maar dis ’n upgraded version.

“My ma het my ondersteun in alles wat ek doen en om haar happy te sien, maak my happy. So, laat sy haar nuwe baby geniet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters