8 dae gelede
Lupita sit Golden Globes uit, host ander gala
WENNER: Bong Joon-Ho kry sy prys by die aktrise Lupita Nyong’o.  ~ Getty Images

LUPITA Nyong’o was nie Sondag op die rooi tapyt by die 77ste Golden Globe­ Awards nie.

Die 36-jarige Keniaan se fans was egter bly toe sy Woensdag in New York op die 2020 National Board of Review Awards uitsteek.

Lupita is nie op dié fancy event benoem in die kategorie vir beste aktrise nie, maar sy het haar lyf host gehou.

Sy het ’n prys aan die Koreaanse regisseur Bong Joon-Ho oorhandig. Sy fliek Parasite is bekroon as die beste buitelandse fliek.

Parasite is ’n Suid-Koreaanse swart komediedrama en riller.

Lupita het stunning gelyk in ’n lang swart rok met sequins. Sy het ná die oorhandiging saam met Joon-Ho op die swart tapyt vir ’n foto gepose.

Renée Zellweger het weggestap met die prys vir die beste aktrise vir haar rol in Judy. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters