4 dae gelede
Luister na onse Lesley
GEE RAAD: Lesley-Ann Brandt smeek almal om by die huis te bly te midde van die Covid-19-pandemie.  ~ Getty Images

SUID-AFRIKANERS, ons sal moet luister na wat Lesley-Ann Brandt sê, want sy weet waarvan sy praat.

Julle weet mos dat dié Suid-Afrikaanse aktrise, wat Maze in die Netflix-reeks Lucifer speel, in Amerika woon.

En met die Covid-19-pandemie is dinge daar in Yank­land beroerd. Voordat ons syfers ook die hoogte in skiet, maan die aktrise dat ons almal die erns van die virus moet sien en in die huis bly.

In ’n Instagram post smeek die aktrise dat ons agter slot en grendel moet wees.

“Asseblief, bly by die huis.

“Ek post hierdie omdat dit nie genoeg van die dakke af geskree kan word nie.

Die social distancing guide­lines is die bare minimum. Doen dit.

“Soos wat ons (Amerika se) syfers nou lyk, gaan ons Italië binnekort verbysteek.

Bekommerd

“Ek lees en luister na die uitroepe van Italiaanse dokters en medici wat daagliks hulle lewe waag om ons te help.

“As jy by die huis kan bly, doen dit. Geen koffie runs. Geen basketball games, geen strande besoek nie.”

Sy het ook bygevoeg dat ons nie eens moet uithang saam met mense wat ons vertrou nie die virus het nie.

“Ons moet nou ‘oorreageer’ en by die huis bly sover as wat ons kan. Ons moet dit doen sodat ons dokters, verpleegsters en lab-personeel kan cope.”

In ’n comment op die post sê die aktrise dat sy bekommerd is oor Mzansi.

“Die virus versprei nou daar by die huis (Suid-Afrika) ook.

“Deel hierdie status en versprei die woord.”

Daar het julle dit. Bly by die huis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters