9 dae gelede
Los my pel nou uit, sê Legend
genoeg nou: John Legend (regs) sê ons moet ophou om Kanye West te armchair-diag­nose. Foto: complex.com  ~ 

JOHN Legend meen ons moet ophou om te sê sy tjommie Kanye West is ’n malletjie.

Die bekroonde sanger (“Goodnight”) het oopgemaak oor sy verhouding saam met die rapper wat sy naam so met ’n plank slaan omdat hy Trump voorpraat.

In dié maand se uitgawe van die tydskrif WSJ sê John ons moenie ons eie diagnose oor Kanye maak nie.

“Baie mense het probeer om hom te armchair-diagnose, maar los dit vir hom en sy dokter om uit te vind wat in sy kop aangaan,” stel hy voor.

“Ek stem natuurlik nie saam met van die dinge wat hy kwytraak nie, en ek is bekommerd dat van die dinge wat hy sê, dalk die verkeerde forces bemagtig. Dis dalk demoralising vir diegene wat na hom opsien.

Punt

“Ek verstaan wat Kanye in Trump sien, en ek dink dis oor sy persoonlikheid en sy market­ing panache en sy gee-nie-’n-f*k-om-nie-houding.

“Maar die punt wat ek aan hom probeer maak het, is dat wanneer hy daai Trump-kep dra, beteken dit hy keur sy beleid goed, en nie net die aspekte van hom wat hy laik nie,” het ou John laat hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters