8 dae gelede
Lokomotiv stoom voort ná hartseer
lokomotiv
Lokomotiv perform vanaand op Maak My Famous  ~ Foto Verskaf

DIE persoon wat die meeste uitgesien het na Lokomotiv se performance Woensdag op Maak My Famous, kon dit nie kyk nie.

Lokomotiv, wat uit die tweeling Shaun en Shane Hendricks (34) bestaan, se pa, Leon Hendricks (56), is Dinsdagaand dood ná 'n lang stryd met kanker.

Die musiek-duo van George sê hul pa het so baie uitgesien na die performance.

Die liedjie wat hulle tydens Woensdagaand se performance gesing het is juis aan hom opgedra.

Shaun sê dit is "iets heeltemal anders", maar 'n liedjie waarvan sy pa baie gehou het.

"Hy was beslis 'n inspirasie vir ons. Dit is waar alles begin het. Hy het die saadjie geplant. Ons weet hy kyk steeds na die show waar hy nou is," sê Shaun.

Leon, 'n oudweermaglid, bekend as Lion Heart aan familielede, was 'n welbekende musikant in die Garden Route.

Leon sou Shaun en Shane van kleintyd af saam sleep om saam met die familie se gospel band te perform. Jare later sou hulle hom help om sy gospel CD, Prys die Here, op te neem. 

Shane sê daar was back and forth tydens die recording process, maar dat dit 'n wonderlike ervaring was om met hul pa aan die CD te kon werk.

"Dit was 'n groot eer vir ons."

Lokomotiv het net mooi woorde te sê oor die Maak My Famous-familie.

"Dit gaan my verstand te bowe hoe ons in so 'n kort tydjie, tot die next level kon gaan."

Lokomotiv werk tans aan 'n nuwe Afrikaanse enkelsnit wat binnekort vrygestel word. Wees op die uitkyk daarvoor!

Maak My Famous is Woensdae om 20:00 op kykNET (kanaal 144).

leon hendricks
Leon Hendricks op die cover van sy gospel CD so paar jaar gelede. Foto: Facebook

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters