4 dae gelede
Local song is net wat ons makeer
SOMERDAE: Mi Casa, YoungstaCPT en die duo Jay Em se nuwe song, “I Can’t Wait”, is ’n hit aanlyn.  ~ Instagram

MI CASA, YoungstaCPT en die Baaise duo Jay Em se nuwe song is ’n hele vibe.

Kyk, dinge is tans maar baie somber in die wêreld, maar die musiekvideo vir “I Can’t Wait” kan jou sommer in ’n lekker mood sit.

Dis nie aldag wat ons bederf word met drie van Suid-Afrika se topkunstenaars in een song nie.

Die twee broers van Port Elizabeth, Jay Em, het Mi Casa en die rapper Young­staCPT genader om saam aan die song te werk.

Dis nie die eerste keer dat die Baaienaars en met die land se top dans band saam werk nie. Jay Em het mos laas jaar daai hit “Toca” saam met Mi Casa uitgereik.

Julle kan op YouTube na die cool musiekvideo van “I Can’t Wait” gaan kyk wat jou sommer sal terugvat na daai kommervrye somerdae.

Julle kan ook die song op alle digitale platforms, soos Spotify en iTunes gaan download.

Dit is belangrik dat ons onse plaaslike kunstenaars in dié moeilike tyd ondersteun. Onthou die geld rol nie meer in nie en konserte is ook vir eers uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters