2 maande gelede
Local celebs vir awards benoem
Bonang Matheba Foto: instagram  ~ 

’N HELE paar sterre in Mzansi is benoem vir die internasionale Global Social Awards, wat in Mei in Praag gaan plaasvind.

En natuurlik is Bonang een van die gelukkige celebs.

Ek sien op The Juice die internasionale toekennings vier die talent, kreatiwiteit en oorspronklikheid van influencers wat fans vermaak en inspireer en ’n positiewe invloed in die sosiale media het.

Kategorie

Onder die plaaslike celebs wat vir die toekennings benoem is, is Gigi Lamayne, wat saam met Queen B benoem is in die kategorie Inspiration and Influence.

Die rapper Cassper Nyovest is benoem in die kategorie Fun and Entertainment.

Ander local sterre wat ook hul tassies Praag toe kan pak, is die talent­volle sangeres Shekhinah, die bekende bloggers Aisha Baker en Sarah Langa, asook die rapper Priddy Ugly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters