7 dae gelede
Lilo reg om haar eie lewe te run
nuwe mens: Lindsay Lohan is gereed om haar eie baas te wees.Foto: getty images  ~ 

LILO se donker verlede vuur haar toekomsplanne aan.

Daar was groot kommer toe Lindsay Lohan bekend gemaak het dat sy nou ’n klub gaan oopmaak.

Baie mense was bang dat die ster weer verslaaf sou raak aan haar ou lewe.

Maar dié girl hou vol dat sy in geen gevaar is nie.

Haar MTV docuseries Lindsay Lohan’s Beach Club was Dinsdagaand op die kassie. In die series gee sy fans ’n kykie in haar effort om haar empire uit te brei.

Ek lees op E! in die eerste episode het Lindsay verduidelik hoekom sy besluit het om die jolplek oop te maak in Mykonos, Griekeland.

Die ster vertel haar eksverloofde, die Russiese sakeman Egor Tarabasov, het haar in 2016 daar op dié Griekse eiland aangerand

Sy het juis dié plek gekies oor sy ’n come­back wil maak.

Lilo sê: “Ek werk al 28 jaar in Hollywood en ek weet van die ups en downs wat met die kalklig gepaardgaan.

“Mense judge my elke sekonde. So, ek het spore gemaak en nou wil ek dinge anders doen. Ek wil my eie baas wees.”

You go, Lilo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters