5 dae gelede
Lewis kry baie lof
HAMILTON FAN: Nomzamo Mbatha skree vir die Britse kampioen.  ~ Gallo Images

NOMZAMO Mbatha was vol smiles toe sy dié naweek die Britse Formule 1-kampioen, Lewis Hamilton, ontmoet.

Maar wie sou nou nie wees nie?

Die Suid-Afrikaanse aktrise kon nie haar smile wegsteek toe sy Lewis by die 2019 Abu Dhabi Grand Prix ontmoet nie.

Nomzamo het dit in een video op Instagram duidelik gemaak dat sy vir Lewis skree om die eerste plek in te neem.

En sy het haar wens gekry.

Die 29-jarige aktrise het op Instagram gebabbel: “ ’n Kam­pioen!

“So ’n fantastiese mens en ’n inspi­rasie vir ’n gene­rasie.

“Daar kan net een wees!”

Die TV-persoonlikheid het ook ’n clip gelaai waarop sy met die 34-jarige F1 hunk gesels.

Op nog ’n foto wat op die internet gedeel is, kan ’n mens sien hoe die tweetjies tog te lekker lag en gesels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters