10 dae gelede
Lewis kap zip oor katjie
Sexy: Lewis Hamilton en Zahra Elise was saam uit.Foto’s: Salgio/Backgrid  ~ 

DIT lyk asof Lewis Hamilton ’n nuwe girlfriend het.

Die Formule 1-renjaer is dié naweek saam met die Instagram-model Zahra Elise gesien.

Hamilton (34) was saam met haar op Kevin Hart se 40ste verjaardagpaartie in Los Angeles.

Met haar gevaarlike kurwes het die 25-jarige Zahra baie sexy gelyk in ’n rubber catsuit wat haar soos ’n racing slick laat lyk.

Sy en Lewis is afgeneem waar hulle uit ’n kar uitgeklim het om na die after party te gaan.

Lewis het in ’n stadium gehelp om haar outfit reg te skuif terwyl hulle by ’n vulstasie gestop het.

Aktrise

Hy was ’n ware heer en het haar tenk vol getap. Hoewel hulle nog niks gesê het nie, is hulle duidelik heel danig met mekaar.

Zahra is klaar ’n moerse hit op sosiale media en sy wil ook ’n aktrise word.

En met daai all-black look in die catsuit kan sy op enige movie set stap.

Zahra het meer as 1 miljoen followers op Instagram. ’n Mens kan seker raai baie van dié followers is te danke aan die gewaagde foto’s wat sy post.

Zahra het voorheen as ’n jet mechanic in die Amerikaanse vloot gewerk. – DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters