8 dae gelede
Leonardo, die held
HERO: Leonardo DiCaprio het ’n man uit die Karibiese See gered.  ~ Getty Images

HY IS nie net handsome nie, hy het ook ’n hart wat omgee.

Die welbekende akteur en hunk, Leonardo DiCaprio (45) het blykbaar onlangs ’n man gehelp wat in die Karibiese See oor ’n cruise ship geval het.

E!News het verneem dat die A-list actor gehelp het om die man op te spoor en te red.

DiCaprio, sy meisie, Camila Marrone, en hulle vriende het op 30 Desember op ’n boot naby St. Barts vakansie gehou toe hulle by die noodsoekpogings aangesluit het.

Die ster se boot was die enigste in die area toe hulle die man gevind en gered het.

Die man, wat van ’n Club Med-seiljag geval het, het 11 uur voor sy ontdekking water getrap.

Bedwelmd

Volgens The Sun het die man op die cruise ship gewerk en was bedwelmd toe die voorval plaasvind.

Slegs ’n week ná DiCaprio se heldedade was alles terug na normaal by die 2020 Golden Globes. Ondanks die feit dat Joaquin Phoenix in sy kategorie gewen het, het DiCaprio tydens sy mede-ster Brad Pitt, se Globes-aanvaardingstoespraak ’n shoutout gekry. Dis nogal cool, nè?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters