5 maande gelede
Leon en jong Themba neem SA fliekteaters op horings
skreeusnaaks: Leon Schuster en Themba Ntuli gaan jou laat skaterlag in die nuwe fliek Frank & Fearless. FOTO VERSKAF  ~ 

VERGEET daarvan om jou lag te hou, want die grapjas Leon Schuster is terug met ’n splinternuwe goedvoel-komedie.

In ware Schuster-tradisie volg Frank & Fearless die wenresep van pittige komedie en humoristiese maatskaplike kommentaar uit die stal van There’s a Zulu on my Stoep en Mr. Bones.

Saam met die medeskrywer en regisseur, Gray Hofmeyr, vat hy dit egter verder met ’n baie relevante en omstrede storielyn met ’n diep emosionele impak wat dit kop en skouers bo dié ikoniese filmmaker se vorige werk laat uitstaan.

Die fliek neem jou op ’n opwindende avontuur wanneer ’n hartlike ou man, Sonny Frank (Leon), en ’n tienjarige plattelandse swart outjie, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit.

Saam met hulle op die sending is twee vierpotige vriende wat bydra tot die pret en hart van die verhaal – Reini, ’n baba-renoster waarvan die ma deur stropers doodgemaak is, en Dog, Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peloton genadelose stropers aan te vat.

Die fliek word op 23 November landwyd uitgereik.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters