2 maande gelede
Leerders, oefen nou al om te shine
fraaistes: Miss Teen SA 2013, Beata Green (agter), pose met Miss Junior Butterfly, Amy Williams, en haar 1ste prinses, Antham Vermeulen, en 2de prinses, Culphia Pugin.Foto: Bernedette Rossi  ~ 

INSKRYWINGS vir Mr. en Miss Primary School en Mr. en Miss High School 2018/’19 word nou aanvaar.

Wat laerskole betref, mag leerders van gr. 3 tot gr. 5 inskryf vir die junior-kategorie en dié in gr. 6 en gr. 7 vir die senior-kategorie.

Daar sal ook ’n Mr. en Miss Photogenic-kompetisie wees.

En wat hoërskole betref, mag leerders in gr. 8 en gr. 9 inskryf vir die junior-kate­gorie en dié van gr. 10 tot gr. 12 vir die senior-kategorie.

Nes vir die laerskole sal daar ook ’n Mr. en Miss Photogenic-kompetisie wees.

Werksessie

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 November.

Die kompetisie word op 13 Desember by die Sekon­dêre Skool Macassar gehou.

’n Werksessie sal aangebied word vir enige jong mense wat graag modelwerk wil doen.

WhatsApp die organiseerder, Bernedette Rossi-Webley, by 081 388 0398 of stuur ’n e-pos aan haar na bernie webley @gmail.com.

Inskryfvorms is ook op Butterfly Beauty Pageant SA se Facebook-blad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters