5 maande gelede
Lamar vat 'n kans
TOE: Khloe en Tristan lyk hier nog happy. Foto: people.com  ~ 

KYK, ons almal weet nou al Khloe Kardashian het die bleddie baba ge-pop en dat Tristan Thompson, haar baby daddy, op haar ge-cheat het... En dit het omtrent die sosiale media gebreek.

Nou gee Fox News egter sommer ’n vreemde twist aan die hele affêre.

Haar eks-hubby, Lamar Odom, is glo baie bekommerd oor die reality star nadat die nuus van die kullery uitgelek het.

Die twee se egskeiding is lank uitgerek nadat Lamar amper ge-OD het. Ná die divorce het sy in 2016 met Tristan begin uitgaan.

Maar ’n bron sê nou, wait for it, die has-been atleet wil graag weer aan Khloe se sy wees. Permanent ...

Wel, die Kardashian clan het haar gewaarsku om nie weer met ’n atleet uit te gaan ná ou Lamar nie.

Maar daar trap sy toe weer ’n stel af met nóg ’n atleet – dié een ’n basketbalspeler.

’n Bron vertel Lamar wou haar baie graag gebel het, maar het nie die foonnommer nie. Huh?

By the way, die spul Kardashians het nog nie amptelik kommentaar gelewer oor die verneukery nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters