2 maande gelede
Lady Gaga teiken slagoffers
lady gagaFoto: tmz.com  ~ 

LADY Gaga wil mos help met die healing process van die gemeenskappe wat onlangs so wreed geraak is deur daai mass shoot­ings in Yankland.

En haar oplossing is cash for classrooms ná die mass shoot­ings in Gilroy, El Paso en Dayton – almal in ’n week.

Sy het laas week mos ’n emosionele boodskap gepost ter ondersteuning van die slagoffers daarvan en hulle families.

Lady Gaga sê haar Born This Way Foundation partner nou met DonorsChoose.org om klaskamers in dié plekke te bou.

Sy sê dis sodat die leerders wat daardeur geraak is die ondersteuning kan kry wat hulle nodig het en om hulle te inspireer om hulle drome te bewaarheid.

TMZ sê dis nie bekend hoeveel Lady Gaga sal skenk nie, maar dit sal bydra tot moderne learning tools en fasiliteite wat top notch skole in Amerika lankal het.

Voorkom

Sy is ook betrokke by ’n projek waarin sy wil hê dat leerders klippe moet verf sodat dit moet dien as ’n kindness reminder.

Right, sy het seker ’n goeie hart, maar hoe gaan pet rocks shootings voorkom?

Amerika se loony gun laws moet eerder gewysig word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters