3 dae gelede
Kylie nog op Tyga se mind?
stunt double? Dié vrou by Tyga lyk nes Kylie Jenner.Foto: getty images  ~ 

DIE rapper Tyga (29) is die naweek in Miami gesien met ’n vrou wat nes Kylie Jenner lyk.

Dis nogal interessant, want Tyga en Kylie het mekaar hoeka drie jaar gedate – van 2014 tot 2017.

Kylie is nou in ’n verhouding met Travis Scott. Hulle dogter is 15 maande oud.

Tyga en die onbekende vrou aan sy sy het 03:00 by die klub opgedaag.

Heeltyd

Lyk asof dit ’n nag – eintlik oggend – vir rappers was, want Lil Pump, Smokepurpp en Tory Lanez het ’n tafel met hulle gedeel.

’n Insider sê Tyga en die Kylie lookalike was heeltyd in mekaar se geselskap en het gereeld intieme gesprekke gehad.

“Dit het gelyk asof hulle heel gemaklik is met mekaar,” sê die insider.

Só gemaklik blykbaar dat hy ’n paar vroue genooi het om saam met hom te dans. Page Six

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters