Verlede maand
Kylie haal alles uit
G’N KLERE: Kylie Jenner is kaal om die aandag op haar nuwe gesigprodukte te vestig. Foto’s: INSTAGRAM  ~ 

KYLIE Jenner is ekstra verby!

Die billionaire make-up-grootbaas het haar kennisse en tjommies op haar nuwe privaat custom jet op ’n lekker vakansie na ’n tropiese location gevat om haar nuwe produkreeks, KylieSkin, te tease­.

En as dit nie genoeg is om jou aandag te vestig op dié mammie se komende produkte nie, sal haar nuutste kiekie op Instagram wel jou mond laat oophang.

Kyk, die Kardashians is mos gewoonlik kaal as hulle een of ander nuwe produk of reeks launch en die jongste sussie het presies dieselfde roete gevolg.

Ek sien op haar Instagram die jet is oorgedoen en het die signature pienk letters, soos die meeste Kylie Cosmetics-produkte.

Dogter

Sy het vir haar sewe tjommies eenderse onesies laat maak, die lugwaardinne het custom pienk uniforms gedra en ’n pienk tapyt is vir haar gaste uitgerol.

Kylie (21) se dogter, Stormi, en dié se maatjies is net so op die jet en by die vakansieplek bederf.

Wat het ek jou gesê – sy is ekstra verby.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters