13 dae gelede
‘Kwarantyn’-ma laat val ’n K-bom op die lug
austen,jana,kwarantyn
Austen van Span Scheepers met Jana van Span Le Roux in die kykNET Kwarantyn-huis.  ~ kykNET

DONDERDAGAAND was dit nie kwarantyn nie maar die ander K-woord wat op kykNET se nuwe realiteitsreeks Kwarantyn geval het.

Die show gaan oor twee families wat vir twee maande onder kwarantyn leef en om die publiek se stemme meeding. Aan die einde van die show gaan die wenfamilie met ’n kontantprys van R250 000 wegstap.

Kort na een van die speletjies tussen die twee families – die Le Roux-familie en die Scheepers-familie – is die K-bom gelos. Dit was tydens die regstreekse uitsending op die spesiale kykNET-Kwarantyn-kanaal, wat vir die show geskep is. 

Die Scheeperse, ’n bruin familie, was besig om die speletjie te wen toe die ma van die Le Roux-familie , Jana (49), sonder om twee keer te dink sê: “Dis ’n k*ff*rpak.”

Tydens 'n beplande vergadering Vrydagoggend met die media, het Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, die voorval as onaanvaarbaar beskryf. "Die Kwarantyn issue kort al ons aandag vandag en sal ons nie kan voortgaan met die media-sessie nie.

"Hierdie is regtig 'n ernstige issue vir ons. Om net vir twee uur met julle te sit, met alles wat gebeur het voel nie reg nie.

Meiring voeg by: "Ons het 'n verantwoordelikheid om iets aan te spreek en voel baie baie ernstig daaroor, en ons sal julle ophoogte hou van die uitkoms." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters