15 dae gelede
'Kwarantyn'-ma gepos oor k-woord
Braam en Jana le Roux nadat sy gediskwalifiseer is.  ~ Skermgreep

JANA le Roux is op kykNET se werklikheidsreeks Kwarantyn gediskwalifiseer ná sy Donderdagaand die k-woord op die show gebruik het.

Die besluit is Vrydagaand deur die show se gasheer, Ferdinand Rabie, aangekondig.

Kwarantyn gaan oor twee families wat vir twee maande onder kwarantyn leef en om die publiek se stemme meeding. Aan die einde van die show gaan die wenfamilie met ’n kontantprys van R250 000 wegstap.

Kort na een van die speletjies tussen die twee families – die Le Roux-familie en die Scheepers-familie – is die K-bom gelos. Dit was tydens die regstreekse uitsending op die spesiale kykNET-Kwarantyn-kanaal, wat vir die show geskep is. 

Die Scheeperse, ’n bruin familie, was besig om die speletjie te wen toe die ma van die Le Roux-familie , Jana (49), sonder om twee keer te dink sê: “Dis ’n k*ff*rpak.”

Tydens 'n beplande vergadering Vrydagoggend met die media, het Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, die voorval as onaanvaarbaar beskryf.

"Ek het dit verwag. Ek is jammer, ek was verkeerd," het Jana na die aankondiging gesê.

"Leer hieruit. Ons moet 'n nasie bou," het haar man, Braam, gesê toe hy die kykers toegespreek het. Die familie het kort daarna gebid.

Manie le Roux, wat in die hospitaal vir 'n noodoperasie was, het ook Vrydag na die huis teruggekeer.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters