9 dae gelede
‘KUWTK’ trick pes
Mammie: Ons gaan in die nuwe seisoen van KUWTK sien hoe Kim Kardashian haar vier kinders in kwarantyn juggle.Foto: getty images  ~ 

DIE wêreldwye corona-virus-krisis het ’n stokkie gesteek voor talle produksies, maar beslis nie voor Keeping Up With the Kardashians (KUWTK) nie.

Die familie en sy produksiespan moes uit die boks dink om seker te maak dat die 19de seisoen van die show wel opgeneem word.

Die Kardashians bly mos in Los Angeles en Kalifornië, die deelstaat waarin die stad is, is ook in lockdown. So, hulle kon die huis verlaat net om noodsaaklike goeters te gaan koop.

Dit beteken ook die susters kon nie oor en weer kuier nie.

Kim Kardashian en haar familie het mos die laaste episode van seisoen 18 op hulle iPhones geskiet en nou berig Elle hulle het begin om die 19de seisoen ook só te skiet.

Maar dis nou nie so eenvoudig soos jy dink nie: Hulle is immers die Kardashians, so, hulle doen dit natuurlik op die posh manier.

Opgedaag

Die vervaardiger van KUWTK het aan Elle verduidelik dat tripods vir die selfone in sekere gedeeltes van die familie se huis geïnstalleer is.

Die director van fotografie en ’n tegnikus het in hazmat suits by die clan se huis opgedaag om die tripods te installeer.

Die tripods is glo goed gesani­tise en die familie moes 24 uur wag voordat hy in die kamer kon kom waar die tripods is.

Die vervaardiger, Farnaz Farjam, het verder verduidelik die phones word elke week kom haal en dan word nuwe phones afgelaai.

Farjam sê sy kan nie wag vir mense om te sien hoe Kim haar vier bloedjies in kwarantyn hanteer nie.

“Om te kyk hoe Kim vier kinders juggle is iets waarmee so baie mense kan relate. Maak nie saak hoe groot haar huis is nie, vier kinders is baie.”

Die nuwe seisoen van KUWTK gaan na verwagting in September in Amerika gelaunch word.

Ek weet darem nie of ek gaan kyk nie, want die sussies kon nie oor en weer kuier nie. So, dit beteken daar gaan geen fights in die 19de seisoen wees nie ...

Ek het nog so gewag vir ronde 2 van Kim en Kourtney se simpel fight.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters