2 maande gelede
Kuier saam innie Elsies
Ashley PienaarFoto’S verskaf  ~ 

DIE Stad Kaapstad bied ’n pretdag vir die gesin aan.

Die gratis Elsiesrivier Concert In The Park vind Sondag 31 Maart op die Salberau-sportterrein in Elsiesrivier plaas.

Die doel van die event is om hulde te bring aan afgestorwe artists soos Robbie Jansen en Walter Brown, wat Elsiesrivier destyds op die map geplaas het.

Terselfdertyd is die doel om die gemeenskap van Elsiesrivier bymekaar te bring en om te wys dat iets goeds uit Elsiesrivier kan kom.

Hooggeplaastes soos Chris Jordaan, raadslid van wyk 28, gaan toesprake lewer.

Dit gaan ’n platform wees vir opkomende talent in die Elsies-omgewing om te wys wat in hulle steek. Diegene wat hieraan wil deelneem, kan die nommer hieronder skakel en registreer.

Vir die kiddies sal daar face painting en springkastele wees.

Vir diegene met stalletjies is daar ook 40 afgemerkte ruimtes wat teen R250 aan enige iemand – kerke of organisasies – beskikbaar gestel sal word.

Bekendes onder andere Vicky Sampson, James Bhemgee, Don Vino, Afrikaans Ruk, Wilco van Wyk, Loukmaan Adams, Ajay Wonderboy, Lizzy B, Klein Fortuin, Broederbond en Gqom Khosa Performance tree vanaf 12:00 op.

Die MC is niemand anders nie as ons eie bekende komediant Ashley Pienaar. Bring gerus jou sambrele en kampstoele saam.

Die verrigtinge is vanaf 09:00 tot 18:00.

Vir meer inligting, skakel Ashley Pienaar Produksies by 081 771 8609.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters